150ste Verjaardag van Wellington-Stasie/150th Birthday of Wellington Station

Wellington se stasie vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar. Hierdie opwindende Stasiefees het op 17-18 Mei vanjaar plaasgevind, maar daar word reg deur die jaar in en om die Wellington-stasie feesgevier.
Die doel van die feesvieringe is om die dorp se beeld as ‘n ideale tuiste, ryk aan kultuur, kuns en geskiedenis, uit te beeld.
Kreatiewe en kunstige mense was genooi om hul werke uitgestal. Mariëtte van Velden was een van die kunstenaars.